My neighbour
As jy arm en moeilik groot word is daar dinge wat deel word van jou lewe. ‘n Ruimte gesloop van die alledaagse. Waar, om ‘n buurman te hê, ‘n statussimbool geword het. Afrikaans
€ 3,95
Beschrijving
As jy arm en moeilik groot word is daar dinge wat deel word van jou lewe. ‘n Ruimte gesloop van die alledaagse. Waar, om ‘n buurman te hê, ‘n statussimbool geword het. ‘n Wêreld waar hoop en drome een en dieselfde ding is, waar die narratief uit ‘n storielyn bestaan wat vreugde, blydskap en tragedie onlosmaaklik met mekaar verbind.
Wanneer die distrik se smous tant Rosie en haar kinders aflaai en hulle in die verweerde sandsteenhuisie langs Ouboet-hulle intrek, verander sy lewe. Vir die eerste keer leer hy mense ken wat minder het as hy. Katanga, Tant Rosie se oudste seun, is vir Ouboet aanvanklik vyand en word dan later ‘n boesemvriend. ‘n Seun wat onwrikbaar glo in die “magic” van sy dream catcher wat hy bokant sy slaapplek hang.
En wanneer tragedie uiteindelik toeslaan besef Ouboet waar hy by die kruis bokant die damwal sit skielik dat die dream catcher uiteindelik in sy doel geslaag het, al is die resultaat dikwels teen die verloop van die spel in. Katanga se droom om weer sy pa te sien word waar: “Weet jy wat droom ek laasnag, Babba? Ek droom ek sit daar langs die dam, my ore en my oë trace die hadidas. En skielik sien ek hom in die stofpad wat van die highway afdraai, aangestap. En weet jy wat? Ek gee nie om wat hy is nie, dit gaan om wie hy is.” Die smile op sy gesig was verleë, hy het sy skouers opgetrek: “Ons almal droom.” Hy het omgedraai en met die visstokke oor sy skouer na buite verdwyn.
Dit was die laaste keer dat Ouboet hom lewend gesien het.
Details
Uitgever
Beta than paper
Publicatiedatum
14 juli 2012
ISBN
9780987017314
Taal
Afrikaans
Speelduur
0 uur 22 min 40 sec
Bestandsgrootte
10 MB
Formaat
mp3 download en geschikt voor de Luisterrijk app