Onder die beskerming van Sy Engele
As ons rondom ons kyk is ons bewus van alle moontlike veiligheid maatreëls wat getref word om mense te beskerm en aanvallers buite te hou. Ten spyte van al hierdie metodes voel die mens steeds weerloos en blootgestel. Afrikaans
€ 3,95
Beschrijving
Ek, die Here stuur ’n Engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reggemaak het (Ex.23:20), is ‘n boodskap van die Vader aan elke gelowige kind van Hom.
As ons rondom ons kyk is ons bewus van alle moontlike veiligheid maatreëls wat getref word om mense te beskerm en aanvallers buite te hou. Ten spyte van al hierdie metodes voel die mens steeds weerloos en blootgestel. Vir die gelowige is al hierdie dinge egter steeds ‘n bewys van die vrees waarin die mens lewe.
Ons het egter die wonderlikste beloftes van troos en versekering in die Bybel dat die wat op die Here vertrou, met hulle hele hart en in absolute geloofsoorgawe, hulle lewe in sy hande kan plaas en daar niks teen hulle sal kan kom nie.
Ons gaan stap vir stap kyk na Psalm 91 en kyk wat die Woord ons leer en ontleed hoe om ons geloof in werking te stel; hoe om te bid om beskerming; waarom dit nodig is en hoe om die magte wat die Here tot ons beskikking gestel het te gebruik om ons vrese te bowe te kom. Ons leer hoekom God sy engele daar stel om dié te beskerm wat daarna vra en op Hom vertrou.
Die praktiese uiteensetting leer die gelowige om op die Here te vertrou en Hom te vra vir beskerming elke dag. Sy beloftes staan vas en omdat vrees ongeloof is wil Hy ons leer om kinderlik op sy beskerming te vertrou.
Mag dit vir jou ‘n pad van geloofsversterking wees en mag jy ontdek dat Sy beskerming tot jou beskikking is.
Details
Uitgever
Beta than paper
Publicatiedatum
14 juli 2012
ISBN
9780987017369
Taal
Afrikaans
Speelduur
0 uur 32 min 0 sec
Bestandsgrootte
15 MB
Formaat
mp3 download en geschikt voor de Luisterrijk app