Sprokieland 1

Sprokieland 1

'n Audio boek bestaande uit drie kort Afrikaanse verhale vir japsnoete, geskryf deur Maria Prinsloo: 'Akkie Akkedis en die Plotrot spook', 'Dogtertjies kan nie', 'Benjamin se wens'. Afrikaans.

Auteur

Maria Prinsloo

Spreker

Annabie Abby Fourie

Speelduur

0 uur 12 min

€ 3,95

Beschrijving

'n Audio boek bestaande uit drie kort Afrikaanse verhale vir japsnoete, geskryf deur Maria Prinsloo:

Akkie Akkedis en die Plotrot spook
Akkie Akkedis en Plotrot gaan soek soos altyd kos by die ou plothuis. Ou Vetkat daag ongelukkig self ook op in die kombuis op soek na kos. Soos die noodlot dit wil hê, kry Vetkat gou Plotrot se reuk. Al is hy klein en weerloos, is Plotrot baie slim en beraam gou ’n plan om homself uit die kat se kloue te red...

Dogtertjies kan nie
In hierdie verhaal leer ons vir Lienkie, ’n neus-in-die-lug-dogtertjie ken. Haar boetie trek haar ’n streep deur ’n poepmasjientjie in haar handsak te versteek. So beleef sy ’n baie moeilike dag en word haar “dame-status” in gevaar gestel. Hierdie is ’n lekker lawwe storie ge?nspireer deur Els-Mari van Staden, wat steeds glo dat dogtertjies nie kan nie!

Benjamin se wens
In hierdie Christelike verhaal leer ons ’n weeskindjie ken. Benjamin is die laaste kind wat aangeneem kan word in ‘n sukkelende kinderhuis en hy hoop om eendag deel te wees van ‘n familie. Soos Bejamin alleen op die speelgronde speel, neem sy verbeelding hom op ’n reis vol speelgoed. Wanneer die speelgoed een vir een verdwyn, word Benjamin se mismoedigheid wel raakgesien en ‘n nuwe avontuur begin…n’ Storie vol moed en drome vir elke jong luisteraar.

Details

Uitgever

Beta than paper

Publicatiedatum

16 juli 2012

ISBN

9780987017376

Taal

Afrikaans

Speelduur

0 uur 12 min

Bestandsgrootte

6 MB

Formaat

mp3 download en geschikt voor de Luisterrijk app

Tags